Posted on

Kwalifiseer my besigheid vir hulp in die COVID-19 pandemie?

Ons as besigheids eienaars is almal in ’n paniek oor die COVID-19 uitbraak. Ons is bekommerd oor hoe ons huishoudings gaan aanhou funksioneer in die geval van die stilstand van die ekonomie. Ons huishouding strek verder as net ons vier mure, dit is elke persoon wat vir ons werk en elke mond wat daardie persoon moet kos gee.

Eerstens is daar ’n Solidariteits Fonds https://www.solidarityfund.co.za/  begin met R150 miljoen kapitaal uit die staats koffers en R1 biljoen rand van elk die Rupert en Oppenheimer families. Enige persoon of besigheid kan skenkings doen aan die fonds deur ’n belasting aftrekbare donasie. Kom ons begin eers deur te gee wat ons het, wat ander nie het nie.

Daar is ’n voorlegging vir ’n spesiale dispensasie vir besighede in nood as gevolg van COVID-19.

Deur die meganisme kan werkers ’n salaris verkry deur die “Temporary Employee Relief Scheme”. Dit sal besighede help om mense steeds te betaal en afdankings te vermy. As ’n werknemer siek word deur blootstelling by die werk, sal hulle ook vergoed word. As laaste uitweg kan die WVS (UIF) fonds genader word vir hulp as jy op datum is.

Daar is 7 maniere wat ons as besigheids eienaars in nood hulp kan ontvang.

1) Jou werkers

Deur die belasting sisteem sal daar ’n subsidie van tot R500 per maand vir die volgende vier maande vir privaat sektor werkers verleen word indien hulle minder as R6500 per maand onder hul Indiensnemingbelastingaansporing (ETI). Hulle ondersoek ook nog ‘n verlaging in bydraes tot die WVS en SDL fondse.

2) Jou belasting voordele

SARS gaan werk om die betalings van indiensnemingbelastingaansporing terugbetalings van twee keer per jaar na een keer per maand te versnel om die kontant in die hande van werkgewers te kry wat voldoen aan die vereistes.

3) Jou SARS betalings

Besighede wie “compliant” is met ‘n omset van minder as R50 miljoen per jaar, sal toegelaat word om 20% van hul LBS betalings terug te hou oor die volgende vier maande asook ‘n porsie van hul voorlopige besigheids belasting sonder boetes of rente oor die volgende 6 maande.

4) Jou kontantvloei

Die departement van Klein Besigheid Ontwikkeling het R500 miljoen rand in fondse beskikbaar gemaak om dadelik klein tot medium grootte besighede wat in nood is te help deur ‘n eenvoudige aansoek proses by www.smmesa.gov.za

5) Jou besigheid wat help met die direkte behandeling van die pandemie

Die IDC het ‘n pakket saamgestel in samewerking met die DTI van meer as R3biljoen rand vir industriele finansiering om die COVID-19 pandemie aan te pak. Dit sal finaniering versnel vir die sektor.

6) Jou gastehuis, venue of spyseniering besigheid

Indien jy in toerisme is, is daar ‘n addisionele R200miljien beskikbaar gestel deur die departement van Toerisme om enige besighede in die toerisme of gasvryheids sector wt onder geweldige druk verkeer te help as gevolg van die reisverbod.

Al die bogenoemde hulp sal slegs gegee word as jou besigheid “compliant” is. Praat vandag met jou boekhouer oor wat die stand van sake is op hierdie aangehegte lys.

Indien jy nie die goed in plek het nie kan ons help. Ons mobiliseer mense in ons direkte gemeenskap wat boekhouding kan doen, om julle deur ons besigheid Digital CFO te help.

Enige mense wat tans tuis is sonder ‘n inkomste wat gekwalifiseer is ‘n boekhouding of wat besig is met hul SAIPA of SAICA klerkskappe, of mense wat kennis en ondervinding het met CIPC en SARS, stuur asb jul CV’s na work@digitalcfo.co.za sodat ons kan kyk watter kos ons in julle huishoudings se monde kan plaas gedurende die tyd.